Welkom!

Curtain Call Dramaskool is al vir sowat 3 jaar ‘n plek waar jong entoesiastiese akteurs & aktrises hulle talente kom ontwikkel en uitleef.

Drama ontwikkel jou totale menswees, selfvertroue, kreatiewe denke, taalgebruik, selfbeeld en laat jou ontspan!

Curtain Call Dramaskool is ‘n nuwe onderneming wat gegroei het uit Izet Changuion se bestaande Dramaskool.  Sy het die behoefte gehad om ‘n kultuurtuiste vir jong mense binne Pretoria-Oos te vestig, een waar ‘n leerder verskeie kunste tegelyk kan beoefen.  Behalwe Drama, is ons ook besig om Musiek- en Kunste-afdelings te stig.   Die Musiek-afdeling gaan aanvanklik bestaan uit kitaar, klavier en sang.  Spesialis-afrigters word vir elke afdeling betrek

Als word bedryf vanuit drie studios op die terrein.  Saam met dit word daar ook ‘n kafee beplan, ‘n heerlike buitelug eetplek waar kinders, ouers en lede van die publiek kan ontspan of ‘n spesiale geleentheid kan vier.