Jaarliks word daar 2 kunstefeeste aangebied. Leerders kry hier die geleentheid om hulle ouers en vriende op die planke te vermaak. Hulle kan hulle droom ten volle uitleef.
Produksies word op ‘n professionele vlak aangebied. Kostuums, grimering en ligte is alles deel van hierdie ongelooflike ervaring!